Childcare

Bambino’s Kleuterskool
Business Genre:
Long Business Description:

Bambino’s Kleuterskool is in 61b Strydom str, Heidelberg.

Babas 2 maande oud is welkom tot en met GR “R”.

Ons het ook ‘n Naskool Sentrum en kinders kan gehaal word by die skool.

Voorsiening kan gemaak word vir ouers wat hulle kinders wil laat aflaai by die skool a.g.v. werks omstandighede wat hulle baie vroeg laat begin en die vrees bestaan dat die kinders miskien iets sal oorkom as hulle alleen by die skool gelaat word.

Twee etes per dag word voorsien.

Ons is ‘n streng Afrikaanse Kleuterskool met Christelike beginsels.

Tye van 6:30 tot 17:30.

Elke groep het sy eie speel area om beserings te verminder en te verhoed dat groter maaitjies die kleiner maatjies seer maak.

Ons werk met die CAPS Curriculum wat deur die Onderwys Departement goedgekeur is.

Verwysings van Onderwysers wat ons Kleuters by die Groot Skool ontvang is positief en ons kinders se standaard is op ‘n groter vlak as ander.

Ekstra aktiwiteite soos: Playball, Kinder Kinetika, Kinder Musiek, Ballet en Bak en Brou word ook aangebied.

Retha is al vir 19 jaar betrokke by Kleuterskole eers as gekwalifiseerde Kleuterskool Onderwyser deur INTEC en die afgelope 5 jaar as Eienaar.

Business Phone Number:
082 088 6877
Business Contact Email:
Besige Voetjies
Business Name:
Business Genre:
Long Business Description:

Besige Voetjies is ‘n opwindende nuwe Christelike dagmoeder in Bergsig (Heidelberg). Besige Voetjies se hoof het 13 jaar ondervinding daarvan om met u klein bondeltjies vreugde te werk en verstaan elke glimlag en elke traan. Wees verseker van klein groepies en persoonlike aandag.

Tye: Maandae – Vrydae 06:30 – 17:30
Ouderdomme: 2 – 6 jaar
Ontbyt, 10:00 + 15:00 versnappering en middag ete ingesluit.
Skakel Erica

My visie is om van elke kind ‘n WENNER te maak!!!!!!

Business Phone Number:
079-718-8251 / 079-353-8765
Business Contact Email: